12 September 2025
'n Klein winkelsentrumpie 3 minute se ry van my blyplek af. Ek staan tussen 'n Porche en 'n Tesla - knip nie eers meer 'n oog vir fancy karre nie. Dit voel soos om in 'n car magazine te leef hier. 🤣🤦🏼♀️
Maar ek het 2 oranje liggies wat op die dash brand... so Al Futtaim dealership waar ek die motor gekoop het is volgende. Hulle moet maar kyk.
Ek weet die een liggie is die spaarband se 'pressure', maar is nie lus om by 'n garage te stop terwyl ek nog 'n halwe tenk petrol het nie. Dis te warm. So by Al Futtaim gooi ek oud, grys en dom - weet regtig niks. En as hulle my slim inlig antwoord ek "Oh...".
Die ander liggie lyk soos 'n hartklop. There I really do not have a clue.
Hulle moet in elk geval die waterpompie by die wipers vervang. Dit werk nie. Hulle sou dit voor die Julie vakansie al doen toe hulle die kar gediens het, maar moes dit eers bestel. En toe dit kom, toe sit ek in SA. Die issue hier is nie ruitveërs wat moet werk in die reën nie - jy moet die stof en wasem kan afwas.
Dis nie sleg om hier te wag nie. Die vloere blink, die mans in die wit rokke praat so klakgarakkakarraklagk Arabies hier agter, en hier is 'n yskas vol botteltjies water en 'n verniet koffiemasjien.
Life is good. Dankbaar.


