17 July 2026
Ok. My clutch gly amptelik vandag.
Die TAs (teaching assistants) is besig om al die lockers leeg te maak en skoon te maak op die eerste en tweede vloere. Ek harvest al 2 dae van die handboeke wat die gange vol staan. Splinternuut. Nie 'n dag gebruik nie.
En wat sien ek daar lê? Verlate op 'n hopie Wiskunde, Fisika en Bio?
DRUMSTICKS!!!!! Regte egte drum sticks!
Wie wil nou maer wees as jy 'n drummer kan wees? Imagine hoe cool sal dit wees as 'n vet, grys tannie agter 'n drumming kit inskuif en die ritme blouwarm daaruit foeter? Phil Collins se kamma-cousin ...
F die Fiets en die Fet. Ek google hoe om die stokkies reg vas te hou en Amazon-soek tromstelle. Honger vergete.💃🏼
Volgende week is dit blokfluit en tromme in die gange van die verlate skool.
19 July 2026
Gisteraand laat het Amazon my drumming practise pad afgelewer.💃🏼💃🏼💃🏼
Ek sit nog in die bed - wag vir koffiemasjien om klaar te prut want die kitskoffie is op - en loer vir die drum sticks wat uit my oorvol handsak op my swaaistoel loer. Scroll so bietjie deur Instagram en 'n video van 'n kleurvolle vrou wat die link tussen al haar projekte verduidelik pop op... en ek verstaaaaaaan haar en stuur dadelik die link vir Anita. Daar is nog mense soos ons!🤣 (Link onderaan)
Want links van my handsak is my ronde tafel met my naaimasjien en 3 halfklaar projekte, onder andere die te stywe wit toppie wat ek netso gelos het.
Links van dit lê die hopie Wiskunde boeke wat ek wil deurwerk want ek wil en kan. Bo-op my eintlike werk - boeke oor CAD want ek moet dit ook aanleer die 'vakansie'!
Links van dit is 'n halwe paint-by-number van 'n Karoo-windpomp en 'n dam, want dis ontspannender as regte skilderye.
Onder die tafel staan 'n mandjie hekelwerk. Net hekelwerk want my breipenne is in Suid Afrika.
Agter dit in 'n skreeupienk sak is die leer wat ek laaaaasjaar saamgebring het, die leertools in 'n boks agter die sak. My kitaar is nog by Charmaine se huis en die blokfluit lê langs die mini-treadmill met die springtou en groen oefenrek - lg. 3 gebruik ek min. Because home is where your instruments are, of jy dit nou speel of nie.
In die langwerpige boks is die gluegun ander 'stuff'...
My kamera en tripod staan in die hoek.
My trek hier bestaan uit 2 of 3 tasse klere en skoene en beddegoed, 3 of 4 bokse kombuisgoed, een krat badkamergoed, een boks droë kos, en 15 bokse lappe, goeters-om-te-doen, nuwe goed om te probeer, goed wat ek klaar kan doen wat kan verbeter, want ek kan... en ledigheid is die duiwel se oorkussing.
En al het die HR my nou bietjie geskroef hierdie vakansie, is ek regtig dankbaar. Dankbaar vir julle wat simpatieke boodskappe stuur - moet regtig nie worry nie! Ek én Bruce is fiiine! Het oor die skok en kwaad geklim, en is fine. Verlang (Ferlang) maar is regtig happy. Ek geniet nou die stil, kreatiewe tyd wat ek by die skool het - al die resources minus die kinders. 🤪 Binnekort kom ek kuier. Deo Volente. Of soos hulle hier vir alles sê, inshallah... (Sê vir 'n seuntjie hy moet sy huiswerk doen, inshallah... Sê vir 'n dogter sy moet haar make-up afhaal, inshallah... sê vir 'n ouer haar kind moet slae kry... 🤣🤦🏼♀️)
Dankbaar want die Here het my geskape om afleiding en kreatiewe prosesse te kan geniet. Só intens dankbaar vir dit.
Sommer net dankbaar...
Want díé Hobby Hoe is dalk Fet en gef... maar is gefokus. 🤣🤪
Nou gaan ek filterkoffie drink, yoghurt soaked oats met 4 walnuts en 1 piesang eet, en aantrek om saam met vriendinne buite te gaan stap, want hier is outdoor, airconditioned walkways...
Gefokus. Dankbaar.
https://www.instagram.com/reel/DaVo9lIABmM/?igsh=bWtmanZ4aHcxa2F5
