15 September 2025
Ek het drie van ons 4 bus bestuurders vandag saam in die gang gevang. Die 'drivers'. Al 3 is van Kerala in Suid-Indië af.
Heel links is "Small Sajeer". Getroud en 2 klein kindertjies. Vrou en kinders in Indië. Middel is "Big Shajeer". Sy vrou is darem hier. Een klein seuntjie. Albei arranged marriages, soos meeste mense hier. Heel regs is Santhosh wat my dag 1 op die lughawe kom haal het. Single. Wil niks weet van trou nie. Voorsien vir sy familie in Indië.
Die manne wat my help met trek, kas bou, motor regmaak, alles. Die English is "little small" maar ons maak dit werk. Soms baie, baie snaaks. Maar mens leer. En mens raak op 'n afstand geheg aan mekaar.
Vimal (regs) was vir iets soos 13 jaar by die skool. Vandat die skool gebou is. Daardie selfde glimlag het my elke keer gegroet wanneer ek 'n saalperiode moes aanbied (elke Dinsdag) of 'n mikrofoon moes soek. Amazing mens. Hy vlieg vanaand terug Indië toe, is klaar hier - weg van sy familie af. Huistoe. En ek gaan hom MIS. Hy het die laaste 2 weke by Santhosh gebly, en die twee is nou oppad lughawe toe. Het hulle laat weet ek soek 'n foto. Vir oulaas gegroet.
Ek doen nie veel hier nie. Reis nie en gaan nie veel uit nie. Maar ek love die mense. Ons kommunikeer swaar. Ruk-ruk en stikkend. Maar ek het geleer 'n oë-glimlag sê baie.
Arme Bruce ken al almal by die naam, hy moet hulle nog net ontmoet. 😜

