3 September 2025
'n Baie lui Emirati mannetjie in jaar 9 (graad 8) moet aan die einde van die periode jaag om sy werk klaar te kry. Ek stuur nie hulle boeke huistoe nie want ek sien hulle net een keer per week en hulle vergeet alles by die huis.
Terwyl hy klaar skryf gaan sit ek by hom en vra hoekom hy dan vandag so sukkel om te konsentreer en klaar te maak. (Wel, nie net vandag nie, maar dis darem 'n nuwe jaar. Gee die kind 'n kans...)
Met daardie dik Areabiese aksent waar hulle elke letter voluit uitspreek vertel hy my toe dis omdat hy te veel woorde het om te sê. En tydens die vorige periode het die onderwyser hom nie geleentheid gegee om daarvan ontslae te raak nie. Toe het dit opgebou tot in my klas en dis hoekom hy nie klaar is nie. Hy moes eers van al die woorde ontslae raak.
I rest my case...