1 September 2025
Dit is WARM. Baie, baie warm. Uiters warm. En klam. Bedompig.
Verlede Donderdag of iets was Emirati vrouedag en ons het rose gekry. Die staan windgat in 'n ou olyfoliebottel en pronk in die kunsmatige koelte.
Ek wou die naweek uitgaan. Iets doen.
Maar dit het nie gebeur nie. Dis te warm. So ek het iets gedoen wat ek vir jare nie reggekry het nie: Ek het op die bank bly sit en 'n boek gelees. 'n Storieboek. Fiksie. Op my Kindle (ja, ek het ook ingegee en compromise papier...)
Dit was heerlik.
Miskien dien die intense hitte tog 'n doel.
Respek vir hierdie nasie wat vir eeue sonder aircons oorleef het. Dan gun mens hulle ampers al die olie.
